Donkiefees 2023, in oorleg met HTS Drostdy se 120ste bestaansjaar, is nie sommer net enige partytjie nie.
Dit beloof om een van die grootste gebeure op Worcester se 2023 kalender te wees.
10 Februarie 2023 is 'n dag om na uit te sien.
Met vermaak deur Michael Meiring, Rio Bezuidenhout, Tino, Barto Swiegers en Spoegwolf asook 'n Aand van LEGENDES, waar oud-skoliere en legendariese onderwysers staaltjies, van die skool gaan vertel.
Sluit by ons aan: Skoliere (13 jaar en ouer) - R250 per persoon Volwassenes - R300 per persoon Kinders 0-12 jaar - GRATIS T's en V's: Dit sluit nie ekstra aktiwiteite soos bv. Mini Speelpark in nie.
Na jare se ondervinding in Besigheids - en Bemarkingsbestuur het Jaco besluit om die groot stap te neem en sy eie besigheid te begin. Dis hier waar JVD Digital ontstaan het en hy sy liefde vir bemarking en handelsmerkbou vir besighede kan uitleef!nGedurende grendeltyd, waar sy musikantvriende sw aargekry het, het hy besluit om sy ondervinding met veilings en fondsinsamelings oor die jare te gebruik om ‘n aanlyn-program te begin. Sodoende kon fondse ingesamel word en kon WOES groei tot een van die gunsteling keuses vir ‘n fondsinsameling.
Skole het hom ook “WOES” vir fondsinsamelings genader! Gou kon kunstenaars betaal word in ‘n tydperk waar hulle geen optredes kon doen nie. Jaco het vanaf Junie 2020 tot Desember 2020 saam met Anton Goosen “Kaggel kuiers saam met Anton Goosen” aangebied en het ook die program se produksie hanteer. Die naam WOES is ook gedurende hierdie tyd deur Anton Goosen geskep! Die program WOES is in die tyd formeel geskep en kunstenaars kon regstreeks begin optree en fondse vir skole, instansies en sportklubs insamel. WOES TV het van die begin af tot nou meer as R30 miljoen vir skole, kunstenaars en instansies ingesamel.
Sanger & Liedjieskrywer
Michael Meiring is gebore in Robertson en dit is ook hier waar musiek hom gevind het. Musiek was alreeds van kleintyd af deel van sy lewe. Soos Michael dit stel “dit was net altyd daar; ek sien my musiek in my lewe soos wat mense ‘n Instagram storie post; daar moet ‘n song vir elke geleentheid, oomblik, gedagte of herinnering wees” Dit is van kleins af sy droom om ‘n lewe uit musiek te maak en hy is vandag bevoorreg om daagliks sy droom te kan uitleef. Michael speel by baie privaat funksies, feeste en troues.
In 2021 het hy die geleentheid gehad om die voorsanger vir Appel te wees op ‘n WOES program. In 2022 was hy ook die voorsanger vir Matthew Mole saam met Eben Groenewald by ʼn “Some Sundays” piekniek konsert. Eben Groenewald gaan ook saam met hom optree by die Donkiefees en saam staan die twee bekend as “Case Closed”. Michael sê dat musiek altyd deel van sy lewe sal wees. Soms is dit sy hartseer maar die meeste van die tyd is dit sy grootste geluk.
“Ek doen dit nie oor ek dit gekies het nie; musiek en die kitaar het my gekies” - Michael Meiring
Sanger & Liedjieskrywer
Met sy virale videos het die TikTok ster, TiNO, vir homself ‘n platekontrak los gesing en nou is sy langverwagte debuut album getiteld Sterrekind uiteindelik hier. TiNO, oftewel Tinotenda Singe, is in 2002 in Harare, Zimbabwe gebore. As kleuter het hy saam met sy ouers na Suid-Afrika verhuis en hulle in Swellendam gevestig, en tans studeer hy Landbou by Elsenburg College in Stellenbosch. TiNO het grootgeword met Engels, Shona en Afrikaans in die huis, maar het besluit om in Afrikaans te sing. ‘’Ek het verlief geraak op die taal. Ek was mal oor die verskillende genres. Ek het geluister na rock, boeremusiek en sokkie,’’ vertel hy. Vriende was beïndruk met TiNO se stem en het hom aangemoedig om dit op sosiale media te plaas. TiNO het video’s op TikTok geplaas en spog huidiglik met oor die 8000 “followers” en meer as 30 000 “likes”. Na sy aanlyn sukses is TiNO genader deur Zinta Kymdel van ZinK Events wie hom aan Kobie Koen van Vonk Musiek voorgestel het. Kobie het vir TiNO studio toe gestuur waar hy sy eerste enkelsnit getiteld Kateriena Malherbe, geskryf deur die sanger en akteur Hennie Jacobs, saam met die bekroonde musiekvervaardiger, Tertius Human, opgeneem het.
TiNO het die sukses van Kateriena Malherbe opgevolg deur sprokiemooi weergawe van Herman Holtzhausen se Transkaroo saam met sanger Henning Joubert vry te stel. Met Sterrekind deel TiNO vir die eerste keer musiek wat hy self geskryf het. ‘’Die album bestaan uit sewe ‘covers’ en drie oorspronklike liedjies. Die sewe covers is bekende liedjies wat ek baie na geluister het as kind en wat op ‘n manier met my gepraat het,’’ het TiNO gedeel. Hierdie liedjies sluit TiNO se weergawes van Breyten Se Brief, Dans in Jou Taal, Lisa se Klavier, Beste Henry, Kateriena Malherbe en TiNO en Henning Joubert se verwerking van Transkaroo in. TiNO se oorspronklike liedjies op die album sluit in Sterrekind, Afstand en Mandjie Vol Liefde.n‘’Ek het eintlik nie geweet ek kan skryf nie,’’ vertel TiNO. ‘’Ek het tydens die groot grendeltydperk idees en stories begin neerskryf en in liedjies probeer omskep, en ek hoop ek het dit reg gekry. Soms voel ek liedjies skryf hulself. Mandjie Vol Liefde het ek byvoorbeeld een aand tydens beurtkrag in die koshuis geskryf. Ek het geweet waaroor en oor wie die woorde gaan en dit het vir my ń halfuur gevat om die liedjie klaar te skryf.’’ Die liedjies uit TiNO se pen handel oor die liefde. ”Sterrekind het ek geskryf uit twee verskillende oogpunte uit. Die eerste vers is geskryf uit my perspektief en die tweede vers is geskryf uit die perspektief van die persoon vir wie ek die liedjie geskryf het,’’ vertel TiNO. Hy sluit die lied af met die reel: ‘’die mense wie ons werklik lief het sal ons nooit verlaat nie en daar is dinge in die lewe wat die dood nooit kan raak nie.” Volgens TiNO maak hierdie die liedjie universeel. ‘’Dit gaan nie noodwendig oor ‘n romantiese liefdesverhouding nie. Dit kan gaan oor die liefde vir jou familie of selfs jou hond,’’ lag TiNO.
Oor Mandjie Vol Liefde vertel TiNO dat mense hulle eie afleidings kan maak, maar hy het dit geskryf vir ‘n meisie vir wie hy iets gevoel het, maar wie nie noodwendig dieselfde oor hom gevoel het nie. Afstand handel ook oor die tema van liefde en handel oor die effek wat afstand op ‘n verhouding kan hê. Vir TiNO was die grootste uitdaging die tyd wat hy in die studio moes spandeer. ‘’Ek het regtig gedink dat die produksie van die album ń ‘walk in the park’ sou wees maar nee, ek moes tien liedjies in ń week se tyd opneem omdat ek terug Stellenbosch toe moes gaan vir my studies. Tertius Human van Coolerbox Studios het vir my soos sy eie kind gelei in die studio en ek het baie by hom geleer. Ons het saam gesit en in ń kreatiewe manier aan die liedjies geskaaf tot ons tevrede was. Ek sien my musiek as ‘soulful’ en ek hoop mense gaan dit kan hoor in die woorde en die klanke,’’ het TiNO oor sy tyd in die ateljee uitgebrei. Sterrekind beteken regtig baie vir TiNO, omdat hy nooit gedink het dat hy ‘n loopbaan in musiek sou volg nie, nog minder dat hy ‘n album sou opneem nie. ‘’My ouers verstaan nie Afrikaans nie , maar wat vir my baie spesiaal was is die feit dat ek vir hulle die hele album gespeel het en dat hulle dit baie geniet en trots is op my. Ek glo daarin dat musiek ń taal op sy eie is en almal voel dit,’’ vertel hy. TiNO beplan om soveel moontlik lewendige optredes die jaar te doen en beplan ‘n spesiale projek met sy goeie vriend, die sanger Stefan Jansen, vir die einde van die jaar. TiNO is genooi om einde Julie 2022 in Carlow, Ierland op te tree met hulle jaarlikse Summer Picnic. Saam met TiNO tree kunstenaars soos Appel en Ross Learmonth van Prime Circle op. Dit is vir TiNO ‘n groot eer om Suid Afrika te verteenwoordig tydens hierdie fees.
Sanger & Liedjieskrywer
Barto is kraakvars in die musiekbedryf met ‘n emosiewekkende stem. Hy tree egter al ‘n geruime tyd op by elke “open mic”-en–musiek geleentheid waar hy kans kry en mense soek elke keer meer. Sy debuut enkelsnit is nou beskikbaar met ‘n gevoel van opbouende volksmusiek en ‘n tradisionele Boere-tin t wat sekerlik die tienerpols aan die gang sal kry. Barto is gefassineer deur die dualiteit van water. Dit is ‘n absolute noodsaaklikheid vir die lewe, maar val in en jy kan verdrink.
Baie soos die Liefde. So gefassineer is hy dat H2O op sy arm getatoeëer is. Barto se emosiewekkende stem versterk die romantiese sentiment. Sal hy in haar oë verdrink of sal hy ‘n rede vind om te lewe? Seker ‘n bietjie van albei. Die opbouende volksmusiek met ‘n tradisionele Boere-tint sal sekerlik die tienerpols aan die gang kry. Hierdie ode aan die kompleksiteite van liefdenis ‘n Sokkie smash wat wag om te gebeur. Kalm soos ‘n landmyn op hierdie liedjie, Barto klink asof hy gaan ontplof. Soos ‘n damwal wat wag om te breek. Subtiele keuses plaas Barto in ‘n klas van sy eie as dit kom by die nuwe golf van Afrikaanse kunstenaars. Hy meng soomloos ‘n alternatiewe houding met Pop sensitiwiteite. Bartonse grondpad stem prikkel jou ore en met ‘n aansteeklike fluit melodie in die koor haak hy jou in vir die durasie van die reis terug na kalwer liefde en slegte besluite neem vir al die regte redes!
Musiekgroep
Spoegwolf is 'n Afrikaanse musiekgroep van die Paarl, Suid-Afrika wat in Februarie 2012 gestig is. Die groep bestaan uit Moscow du Toit (tromme, perkussie en sang), Chris von Wielligh (kitaar, klavier), Albert van der Merwe (baskitaar, sang) en Danie du Toit (sang, kitaar).
Spoegwolf het hul vierde vollengte-ateljee-album genaamd Koma in Februarie 2019 vrygestel. Koma word die eerste Afrikaanstalige musiekalbum wat die nommer 1-posisie op die Apple Music-albumtrefferlys beklee.
Op hoërskool het Chris by hulle aangesluit op klawerbord, en in 2008 het hulle Die Burger se Jip Rockspaaider-kompetisie gewen.
Die eersteprys het 'n professionele opname in 'n ateljee behels deur Paris Recording Studios - hul eerste musiekvideo, en gigs moes sorg vir daaglikse uitgawes. In hulle tweede jaar het hy en Albert besluit om dié spelery meer professioneel aan te pak. Die musiekgroep het as Ysterkoei bekend gestaan tot en met 2012, toe Spoegwolf ontstaan het en die groep 'n sterker visie en beeld wou koppel aan die groep en die musiek wat hulle maak.
Hulle visie – en met Danie se nuutgevonde insigte te danke aan sy taal- en kultuurvakke verkry in die rekenaarlokaal waar hy saans na ete gaan werk het – was om ’n musiekgroep te skep vir mense wat lief is vir literatuur.
“Ons wou ’n Afrikaanse band wees wat dink.” Hy noem dan ook sy literêre en musiekinspirasie as onderskeidelik Ernest Hemingway, J.D. Salinger en Bruce Springsteen." Buiten Spoegwolf het Danie en Chris studeer by die Universiteit Stellenbosch. Albert werk as 'n kopie-skrywer in Kaapstad en Moskou is 'n bekende sjef. Danie skryf die liedjies en die lirieke, Chris is meestal betrokke met die vervaardiging en opnames en die hele groep doen saam die musikale verwerkings.
Ten spyte van 'n druk program sedert die stigting van Spoegwolf, kon Danie en Moskou dit steeds regkry om hul restaurant, Drum, in Stellenbosch te bestuur. Die restaurant kon sy deure oopmaak danksy finansiële steun deur 'n familiemaatskappy. Moskou het in 2016 sy opleiding aan die Institute of Culinary Arts voltooi en Danie vul die bestuursrol van die besigheid. Die groep besit 'n opname-ateljee waar hulle baie produksiewerk doen. 'n Groot deel van die opnames word by Sunset Recording Studios buite Stellenbosch, op 'n plaas genaamd Wechmarshof, gedoen. Hul eerste album, Swaartekrag en die ander opeenvolgende vier albums is almal by die ateljee op Wechmarshof opgeneem.
Sanger
Rio het homself in 1997 leer kitaar speel. Hy was in Engeland van 2000 tot 2002, en Australië in 2003 waar hy gewerk en Rugby gespeel het. nTerug in Suid Afrika het hy in 2004 aangesluit by n bestaande “band”, Dertien, wat toe later van tyd ontbind het en Rio toe die “band” Envy begin het. Dertie n het by baie feeste opgetree o.a. Aardklop, KKNK en Innibos. Dertien het ook in 2005 die beste vokale prys gewen by AngloGold Ashanti.nIn 2006 het hy besluit om Kaap toe te trek. Hy en Tony Richway van Rocking Horse, (liedjie, rubriek skrywer en musikant) het toe saam Rio se eerste album opgeneem.
Tony Richway het ook vir Rio liedjies geskryf .Van 2006 tot 2011 het hy vir verskeie kunstenaars gespeel en geopen, onder andere vir Juanita du Plessis, Steve Hofmeyr, en vele ander. Hy was saam met Nicolas Louw na die Quena-fees in Mpumalanga waar hy ook saam die The Parlotones en Prime Circle by Tusk Rio Casino opgetree het. Rio het in 2010 Worcester toe getrek en toe sy musiek bietjie begin afskaal en op die agtergrond geskuif nadat sy kind gebore is om sodoende sy kind groot te maak en baie tyd saam met hom te spandeer.
Jaco van Dyk het hom genooi om op die eerste episodes van WOES op te tree wat in die begin van 2020 nog die Audenberg Toyota Show was. nVandag is die gesinslewe baie belangrik vir Rio en daarom doen hy musiek nou net as ʼn stokperdjie en geniet hy dit steeds om voor ‘n gehoor op te tree.